On my blog The Dusty Shelf Academy  you can read about the books on my dusty shelf and the dusty roads on which they take me [Afrikaans volg onderaan].

Why all the dust? It’s not just because I’ve been spending so much time with deserts 🙂 I’ve spent years working alongside incredible people in fields like teaching and always marveled at the vast amounts of knowledge they had to keep on their dusty shelves because of curriculum constraints or the perceived impracticality and obscurity of their “hobbies”. I feel very strongly about life-long learning and one day I knew what it was that I wanted to do about that. I wanted to set up an little informal “academy” where all those wonderful things that you and I love and love learning about can be taken off their dusty shelves in our spare time.

IMG_4997

Op my blog The Dusty Shelf Academy kan jy lees van die boeke op my stowwerige rak en die stowwerige paaie waarop hulle my neem.

Waarom so stowwerig? Wel, dis nie net omdat ek so baie tyd deurbring met woestyne nie 🙂 Ek het jare lank saam met merkwaardige mense in velde soos onderrig gewerk en my altyd verwonder aan die ongelooflike hoeveelheid kennis wat hulle op hulle stowwerige rakke moes laat lê weens die beperkinge van sillabusse en die feit dat hulle “stokperdjies” skynbaar onprakties en obskuur is. Ek voel baie sterk daaroor dat mens lewenslank moet aanhou leer en eendag het ek geweet wat ek daaromtrent wou doen. Ek wou ‘n klein informele soort “akademietjie” stig waar al daardie wonderlike dinge waarvan ek en jy so graag leer – en waarvan ons so baie hou  – in ons vryetyd van hulle stowwerige rakke afgehaal kan word.